Galaties

Galaties
Gepraat in: Vlag van Turkye Turkye 
Gebied: Galatië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
 Kelties
  Vasteland-Kelties
   Galaties
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: xga

Galaties is 'n uitgestorwe Keltiese taal wat van die 3de eeu v.C. tot die 4de eeu n.C. in Galatië in Klein-Asië (moderne Turkye) gepraat is.

Ligging van die Romeinse provinsie Galasië

Slegs vlugtige verwysings en kommentaar in klassieke geskrifte en verspreide name op inskripsies het behoue gebly. Altesame tel dit op tot slegs ongeveer 120 woorde, meestal persoonlike name wat met -riks eindig (cf. Gallies -rix/-reix, Oud-Iers ri, Goties -reiks, Latyn rex) "koning", sommige wat met -marus eindig, datief -mari (cf. Gallies -maros, Oud-Iers mor, Wallies mawr) "groot", en stamname soos Ambitouti (Oud-Iers imm- "rondom", Oud-Iers tuath "stam"), en 'n leksikale item drunaimeton "vergaderplek" (cf. Oud-Iers drui "druid", Oud-Iers neimed "heilige plak"). Galaties is 'n Vasteland-Keltiese taal uit dieselfde tyd en nou verwant aan Gallies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search